

Totius: Die rus is elders – ʼn teaterproduksie
Description
Ter viering van die 150ste herdenking van Totius se geboortedag word dié geliefde Afrikaanse digter se merkwaardige lewe en werk opnuut in die kollig geplaas deur getoonsette gedigte en vertellings.
Datum: 19 Februarie 2027
Tyd: 18:00
Plek: Potchefstroom Gimnasium
Kaartjies: R100 p.p.
Tydsduur: 90 minute
Meer oor die produksie
Die rus is elders, wat in 2015 by Clover Aardklopfees in Potchefstroom gedebuteer het, neem die gehoor saam op die lewensreis van Totius, ʼn formidabele man wat, soos elkeen van ons, met pyn en verlies moes saamleef en daarin sin moes vind.
Totius se bydrae tot Afrikaans is onmiskenbaar. Die vertaling van groot dele van die Bybel in Afrikaans, die beryming van die Psalms en sy rol in die stigting van die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO), ʼn voorloper van die huidige Noordwes-Universiteit (NWU), tel onder die hoogtepunte van sy nalatenskap.
In sy digkuns slaag Totius daarin om die essensie van menswees vas te vang. In eenvoudige maar diepsinnige taal verwoord hy vreugdes en kwellinge wat vandag steeds net so relevant is.
Kom beleef opnuut die skonheid van Totius se woorde en sy besondere bydrae tot ons taal- en kultuurerfenis in hierdie aangrypende produksie waarin woord en musiek saamvloei.
Die produksiespan
Toonsettings: Olga Leonard en Babette Viljoen, ook bekend vir hul werk aan die produksies God die digter met TT Cloete (2014) en ’n Eeu van Eybers (2015)
Verteller: Franco Loots
Teks, regie en verhoogontwerp: Prof. Pierre-André Viviers
Konsep en projekbestuurder: Izelle Claassen
Musikante: Olga Leonard (klavier en sang), Babette Viljoen (trekklavier en sang), Izelle Claassen (viool en perkussie) en die Boulevard Harmoniste
Vervaardigers: BO Produksies
Bespreek jou kaartjies en kom geniet hierdie besondere huldiging van een van Afrikaans se groot digters saam met ons.