Vroue wat Versorg en Versterk damesoggend

03 Oct
9:00 AM - 1:00 PM
Share to:
Ticket Price
ZAR 350.00
site logo
site.logo

Vroue wat Versorg en Versterk damesoggend

03 Oct
9:00 AM - 1:00 PM
Share to:
Ticket Price
ZAR 350.00
site logo
Share to:
Description

Vroue wat Versorg en Versterk is ’n fondsinsamelingsgeleentheid ten bate van die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut, wat studente in Afrikaans oplei om professionele tuisversorgers te word.

Die behoefte aan bekwame tuisversorgers in Suid-Afrika is groot. Die Opleidingsinstituut rus studente toe met die kennis en vaardighede om kinders, bejaardes, persone met gestremdhede en ander kwesbare mense met waardigheid, deernis en professionele sorg te ondersteun.

"Vroue wat Versorg en Versterk" is egter veel meer as net 'n fondsinsameling. Dit is 'n geleentheid waar sakevennote, gemeenskapsleiers en vroue met 'n hart vir mense saamkom om te belê in die volgende generasie professionele tuisversorgers.

Die opbrengs van die geleentheid word aangewend om studente met hul opleiding te help, sodat hulle hul studies kan voltooi en uiteindelik ’n betekenisvolle verskil in die lewens van mense en gesinne regoor Suid-Afrika kan maak.

Gaste kan uitsien na inspirerende sprekers, ’n grimeerwerkswinkel, heerlike verversings, eksklusiewe geskenksakke en gelukkige trekkings.

Gassprekers:

  1. Dr. Judey Pretorius , Stigter en besturende direkteur van BioMedical Emporium gesels oor “Voel gemaklik in jou eie vel – wenke en benodigdhede” . Sy deel praktiese insigte oor selfversorging en hoe om met meer selfvertroue in jou eie vel te voel.
  2. Dawie Roodt , stigter, direkteur en hoofekonoom van Efficient Group, bied ’n insiggewende perspektief op Suid-Afrika se ekonomie. Hy bespreek die huidige ekonomiese landskap, die uitdagings wat voorlê en die geleenthede wat dit vir vroue bied.
  3. Jeandelene van Miss JayDee Kaybied ’n praktiese grimeerwerkswinkel aan met wenke oor die aanwending van grimering, produkkeuses en bekostigbare alternatiewe. Een gelukkige dame sal deur middel van ’n trekking gekies word om as model aan die demonstrasie deel te neem.
Ready to host your event? Discover how with Ticket Spot.