


’n Inspirerende geloofsoggend vir vroue saam met Ilse Strauss, Radio Tygerberg en Maroela Media by Anna Beulah Farm in Durbanville.
Kom beleef ’n oggend van bemoediging vir vroue in die Kaap saam met Ilse Strauss, Radio Tygerberg en Maroela Media.
Jy is die Bruid is ’n oggend vir elke vrou wat wil stil word, asem skep en opnuut herinner word aan haar identiteit in Christus. Met die tema Die Bruid word vroue genooi om te ontdek wat dit beteken om deur God gekies, geliefd en voorberei te word.
Ilse Strauss bring ’n besonder persoonlike boodskap vanuit Jerusalem. Ná agt jaar in Israel, en drie jaar waarin sy die werklikheid van oorlog van naby beleef het, deel sy ’n boodskap oor geloof, voorbereiding, woestyntye, hoop en hoe God sy bruid gereed maak.
Gaste kan uitsien na ’n warm plaasatmosfeer by Anna Beulah Farm in Durbanville, musiek deur Rouchelle Liedemann, heerlike kos wat deur Israel geïnspireer is, en ’n oggend van bemoediging en geloofsverdieping.
Die tema sluit aan by Openbaring 19:7: “Die bruilof van die Lam het aangebreek en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak.”
Besonderhede
Datum: Saterdag 11 Julie
Tyd: 09:30 vir 10:00
Plek: Anna Beulah Farm, Durbanville
Spreker: Ilse Strauss
Musiek: Rouchelle Liedemann
Wat is ingesluit?
Let wel: Plek is beperk omdat die geleentheid klein en intiem gehou word. Bespreek dus vroegtydig jou kaartjie om seker te maak jy is deel van hierdie besondere oggend.